Olimpiese Somerspele 1968

Spele van die XIXe Olimpiade
Olimpiesespele van 1968

Gehou in Meksikostad, Meksiko
Deelnemende lande 112 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 516 (4 735 mans, 781 vroue)[1]
Items 172 in 18 sporte[2]
Openingseremonie 12 Oktober 1968
Sluitingseremonie 27 Oktober 1968
Amptelik geopen deur President Gustavo Díaz Ordaz[3]
Atlete-eed Pablo Lugo Garrido (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Enriqueta Basilio (atletiek)
Vorige Spele 1964: Tokio (Japan)
Volgende Spele 1972: München (Wes-Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1968 (Spaans: Juegos Olímpicos de Verano de 1968), amptelik bekend as die Spele van die XIXde Olimpiade, is tussen 12 en 27 Oktober 1968 in Meksikostad, Meksiko, aangebied. Naas Meksikostad het Detroit, Buenos Aires en Lyon aansoek gedoen om die Spele te mag organiseer. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in 'n ontwikkelende land, Latyns-Amerika en 'n Spaanstalige land gehou is asook die eerste Spele waar meer as 100 nasies deelgeneem het.

Tommie Smith en John Carlos toon die Swartmag-saluut

Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee tydens sy kongres in Baden-Baden in 1963 om die Spele aan Meksikostad toe te wys, het vir heelwat onstuimigheid in die sportwêreld gesorg. Verskeie medici en afrigters vrees dat die hoë ligging van die stad dramatiese gevolge kan hê. Onni Niskanen, die Sweedse afrigter van Abebe Bikila beweer selfs dat atlete kan sterf. As gevolg van die beslissing doen wetenskaplikes navorsing oor die probleem. Daar word bevind dat dissiplines waar uithouvermoë belangrik is, nie normaal kon verloop nie as gevolg van 'n suurstofgebrek. Naellopers, daarteen sou baat vind by die verlaagde lugweerstand. Daar word voorgestel dat atlete 'n lang aanpassingsperiode gegun word om by die omstandighede aan te pas. Uiteindelik verloop die Spele sonder enige ernstige mediese insidente.

1968 was die jaar van die studentenrewolusies, en dit was ook die geval in Meksiko. Voor die begin van die Spele vind 'n studenteopstand in Meksiko plaas om wêreldwye aandag op die klimaat in Meksiko te vestig. Die regering bring hierdie opstand hardhandig tot 'n einde, wat onder andere lei tot die Bloedbad van Tlatelolco. Verder was daar nog 'n ander probleem wat die Spele ontwrig het: Die Afro-Amerikaanse atlete begin 'n protesbeweging in die Olimpiese dorp teen die rassediskriminasie waarvan hulle in hul eie land slagoffers was. 'n Insident vind tydens die medaljeseremonie na die 200 meter plaas. Tommie Smith en John Carlos, onderskeidelik eerste en derde, staan tydens die speel van die Amerikaanse volkslied met gebalde vuiste en geboë hoofde (die Swartmag-saluut). Na die voorval word die twee uit die Olimpiese dorp geskop.

Die Olimpiese Winterspele 1968 is in Grenoble, Frankryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1968 is tussen 4 en 13 November in Tel Aviv, Israel, gehou.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search